Verassing

Is Verassing vir Christene?

 

Nee, dit is nie die Christen se manier om vir die dooie te sorg nie!  Verassing beïnvloed niemand se Saligheid nie.    Maar ons praat nie van ons Verlossing nie, ons praat van die Goddelike Christelike verheerliking van die hantering van dooie liggame van Christene.  Dit is dan ook tipies van ons sekulêre humanistiese, filosofiese na-Reformatoriese tydperk waarin ons leef wat ons onderskeiding verdoesel en die plek inneem van suiwer Bybelse beginsels.  Dit blyk dat die toenemende aanvaarding van Verassing in die “Moderne Kerk” saamval met ʼn verarming in ons geloof, ʼn afname in die tradisionele waardes van ons Kerk en suiwere dogmas oorgelewer van die Apostels en Jesus Christus wat solied gefundeer was in “Sola Scriptura”, Skrif Alleen.

Die vroeë Kerk het histories geen probleem gehad nie en geleer het dat begrafnis die betaamlike wyse was om tydelik afskeid te neem aan die geliefdes wat besig was om te verhuis na die ewige lewe.  Ongelukkig met die paradigma na ʼn veranderde kultuur en gedagte verskuiwing met sy onskriftuurlike redevoering blyk dit die bepalende faktor te wees vir besluite oor Bybelse of onbybelse begrafnis rëelings.  Dit is in botsing met die historiese lering van die Kerk oor die hantering van ons dooie Christene.

Dit is ooglopend dat Ter Aarde Bestelling en nie Verassing nie, in volle harmonie is en dan ook ʼn getuienis is vir die hoop van ons opstanding.  Dit is wat verlore raak in al die retoriek by diegene wat Verassing ondersteun.  Dit is ʼn afskuwelike gedagte om te dink dat God Verassing in gedagte gehad het in antisipasie van Sy enigste gebore Seun se opstanding van die dood!  Dit is dan ʼn feit dat historiese Verassing is geassosieer met die barbare en heidense geloof in hulle ontkenning van die opstanding van die liggaam.

Daar is baie redes waarom die Christen verassing moet vermy en die liggaam moet begrawe.  Dit is dan ook meer as net gewoonte of tradisie wanneer ons sinvol daarna kyk.  In die eeu van visuele media het die mens gedagteloos geword en bepeins en oordink nie meer die Skrif nie.  Begrafnis is ʼn Bybelse teken, ʼn figuur van die verskil en verwydering van Heiden en Christen, ʼn skeiding van voorbereiding vir opstanding, of dan ook vernietiging.

Kom ons kyk verder.

Dit is ʼn Heidense gewoonte.

Dit kan gedemonstreer word dat verassing sy oorsprong het in die heidendom, en was die praktyk van die wat God nie geken het nie beide as die gevolg van die dood en as ʼn na doodse beleid.

2 Kronieke 33:5-6 In die twee voorhowe van die huis van die Here het hy altare vir al die hemelliggame gebou. 6 Hy het sy eie seuns in die Ben-Hinnomdal as offers verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste. Hy het gruwelik verkeerd gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart.  

Die Heidense nasies het altyd verassing gebruik in hulle religieuse praktyke.  Sommige om die gees te bevry ten tye van dood en ander in die afgode diens met heidense vuur verering.  Ander gebruik dit as ʼn hulp in reinkarnasie.  In die Hindoe geloof praktiseer hulle verassing as ʼn hulpmiddel vir reinkarnasie, en dan gooi hulle die as uit in die Ganges rivier.  Hulle bely natuurlik nie die opstanding uit die dode nie.  God verklaar dat sy Volk hulle moet afsonder van die tradisies van hulle heidense bure.  Hy het gelowiges van die Ou Testament verbied om die gewoontes en godsdiens van hulle ongoddelike bure na te volg, en sy Kinders beveel dat hulle dit dooies se liggame moet begrawe. Deuteronomium 21:23..mag sy lyk nie die nag daaraan bly hang nie. Jy moet hom dieselfde dag nog begrawe, want wie opgehang word, is deur God vervloek. Jy mag nie die land wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee is, verontreinig nie.”

God het spesifieke instruksies gegee wat om te doen met dooie liggame. Dit moet begrawe word.

Daar is geen skrif wat ooit praat van ʼn Christen wat veras word nie.  Dit alleen moet ons attent daarop maak dat dit is nie vir die Kind van God nie.  Verbranding is ʼn simbool van vernietiging, en nooit die teken of simbool vir die Christen nie.  Die Heidense nasies verbrand die liggame van hulle dooies, God se mense begrawe hulle dooies. 

Bybelse getuienis.

As ons die Bybelse beginsels waarneem is al die voorbeelde van die Heiliges is die skrif wys dat hulle of begrawe of in ʼn sarkofaag geplaas was. Kom ons kyk wat die Skrif se:  Die King James: Job 19:25-26 "For I know that my redeemer liveth, and that he shall stand at the latter day upon the earth: And though after my skin worms destroy this body, yet in my flesh shall I see God:"

Job het verstaan dat hy begrawe sal word en die wurms hom sal vernietig en nie vuur nie en hy het dit verbind aan die heropstanding.  Land is aangekoop vir die doel van begrafnis. Genesis 23:19-20 Daarna het Abraham sy vrou Sara begrawe in die Makpelagrot op die stuk grond, oos van Mamre, dit is Hebron in Kanaän. 20 So het die stuk grond met die grot daarop uit die hande van die Hetiete oorgegaan na Abraham as begraafplek wat aan hom behoort.  Genesis 25:9-10 Sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die Makpelagrot oos van Mamre op die stuk grond wat vroeër behoort het aan die Hetiet Efron seun van Sogar. 10 Abraham het hierdie stuk grond by die Hetiete gekoop, en hy en sy vrou Sara is albei daar begrawe.

Genesis 49:30-32 Dit is die Makpelagrot teenoor Mamre in Kanaän. Abraham het die stuk grond by die Hetiet Efron gekoop om ’n begraafplek te hê. 31 Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe, Isak en sy vrou Rebekka is daar begrawe, en daar het ek vir Lea begrawe. 32 Abraham het die grond en die grot daarop by die Hetiete gekoop.”

Ons sien nie dat die Bybel aandui dat daar veras moet word nie behalwe dat die ʼn heidense, oordeel of ʼn sondige gewoonte was.  Hoe enige Bybel gegrondveste Christen selfs daaraan kan dink om te veras gaan die verstand te bowe.  Slegs die getuienis van die Skrif se vir ons dat die Bybelse praktyk van die dooies hanteer is om die dooies te begrawe.  God het dan self ook vir Moses begrawe. Wat meer wil ons hê as God se metode van begrafnis.  Deuteronomium 34:5-6 Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het. 6 Hy het vir Moses begrawe in ’n vlakte in Moab, regoor Bet-Peor, maar tot nou toe weet niemand waar sy graf is nie. Ongelukkig, vir baie vandag sal geen getal van Bybelse bewyse teen verassing genoeg wees nie.  Want hulle is vasgevang in hulle eie ek en wil, die sosiale of kultuur verandering van die dag en het afgewyk van die historiese Christelike leringe.

.

Johannes 11:38-39  Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe Hy by die graf kom. Dit was ’n rotsgraf, en daar was ’n klip voor die ingang gerol. 39 Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, die suster van die oorledene, sê vir Hom: “Here, hy ruik al, want dit is al die vierde dag.”   Jesus het gesê, ‘Lazarus, staan op,’ ʼn teken van die opstanding tot die ewige lewe.  Christus gee vir ons ʼn voorbeeld van Homself in Johannes 19:40 Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê. 

Nie net was die liggaam van Christus voorberei met spyse en dan begrawe nie maar dit was die manier wat God bedoel het wat die Gekose mense van God hulle dooies moet behandel.  Calvyn het ook dan immers gesê dat:  “Die gewoonte om te begrawe het nie sy oorsprong in bygeloof nie-ons merk dat die Gees in die meedeling van begrafnisse nie meer noukeurig is as ten opsigte van die vernaamste verborgenhede van die geloof nie.  En Christus prys die gebruik om te begrawe as ʼn besondere plig aan.”   Indien ons nou nog ʼn vraag het oor die aanduiding in die Bybel van hoe ons moet handel dan is dit slegs ons verharding van ons hart of ʼn determinasie om te glo wat ons ook al wil en die trots van die mens om nie geleer te word nie.  Dit gaan my verstand te bowe dat sommige predikante lidmate kan beïnvloed om van die heidense gewoontes gebruik te maak.  Ons het ʼn verpligting om die hele leer van ons geloof oor te dra.

U sal dan ook so redeneer dat dit ʼn meer estetiese, sanitêre en ekonomiese praktyk is.  Dit is ʼn dwase argument.  Watter Christen gaan kyk na ʼn lyk nadat dit begrawe is?  Daar is niks mooi aan die vernietiging van ʼn liggaam wanneer ons dit in die moderne, heidense gewoonte verbrand nie.  Hoe kan ons kyk op die proses van die afskuwelike aaklige verbranding met ʼn temperatuur van 1500 grade wanneer die Christelike liggaam verkool word finaal tot slegs as?

 Nog ʼn swak argument is die Higiëne vraagstuk.  Die huidige begraafplase het geen probleem met higiëne en gesondheid nie.  Ekonomies is dit waar dat daar ʼn prys verskil is indien jy die grootste en duurste begrafnis ondernemer gebruik.  Indien ʼn gewone kis en eenvoudige begrafnis gebruik word is dit nie veel duurder as die Verassing nie en ons sal buitendien in lyn wees met ons geloof en die Skrif.  Onlangs in 2010 het ek ʼn koerantberig gesien wat die verbranding nou as besoedeling sien en daar word gekyk in Frankryk na oplossing van die lyk in suur. Gaan ons nou die oplossing in ʼn bottel by die huis hou?

Verbranding van mense is ʼn tipe van God se Oordeel.

Vir die getroue Christen, moet die vraag wees, “Wat sê die Bybel van Verassing?”  In die geskiedenis van die wêreld, was verbranding nie slegs tradisioneel gereserveer vir die goddelose nie, soos ketters en hekse, maar die skrif dui aan dat om jou liggaam te verbrand is ʼn oordeel van God, nie iets wat die Christen begeer nie. Waarom sal die Christen dan sy liggaam wil gee aan so ʼn duidelike teken van oordeel.  Levitikus 20:14 Iemand wat met ’n ma en haar dogter trou, begaan ’n afskuwelike sonde. Hulle moet al drie ’n vuurdood sterf. Julle mag sulke afskuwelike sondes nie duld nie.

Levitikus 21:9 “As ’n priester se dogter haar ontwy deur te hoereer, ontwy sy ook haar pa. Sy moet verbrand word.

God lys ook die verbranding van ʼn liggaam as ʼn oortreding wat sy oordeel gebring het in Amos.  Amos 2:1-2 So sê die Here: Selfs as Moab net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy ’n vierde sonde daarby gevoeg: hy het die bene van Edom se koning tot kalk verbrand. 2 Daarom sal Ek in Moab ’n vuur laat losbreek en dit sal die mooi huise van Kerijot verteer. Moab sal omkom onder oorlogsrumoer, onder die blaas van die ramshoring.

Dit was ʼn daad van ontering, waarom sal enige Christen dink om sulke ding te doen aan sy of sy geliefde se liggaam?

Ons liggaam is ʼn Tempel.

Selfs na ons dood behoort ons liggame met respek behandel word vir die Skepper wat dit gemaak het.  Die liggaam is geheilig deur die bloed van Christus en moet nie verbrand word nie.  1 Thes. :23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!   Calvyn se: “Ewe verwerplik is die dwaling van hulle wat hul verbeel dat die siele nie die liggame terug sal ontvang waarmee hulle nou beklee is nie, maar met nuwe, en ander liggame toegerus sal word. 

Die begrawe van die liggaam word in die skrif gelykgestel aan die plant van ʼn saad, wat getuienis gee aan die hoop van die finale opstanding.  Dr. J A Heyns sê dat “al sterwe die liggaam eenmaal, hy sal opstaan en dan sal die natuurlike liggaam wat gesaai word, as ʼn geestelike liggaam opgewek word.  Die liggaam het ʼn ewigheidsbetekenis as ʼn onverganklike skepping van God. Dit is nie die minderwaardige deel in of van die mens nie.”  1 Corinthians 15:44 ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar ’n natuurlike liggaam is, is daar ook ’n geestelike liggaam.

Sommige sal redeneer dat ons sal in elk geval die opstanding beleef of ons nou begrawe of veras word.  Dit is tog onwaar en misleidend want ons wil as Christen is om die wil van God te doen en nie te sondig sodat genade oorvloedig kan wees nie.  Dit maak saak, want die Woord van God maak saak.

Dikwels is daar getuig dat die as somtyds gelos word by die Krematorium, of dit word in die tuin begrawe en die mense verhuis of dit word later in die asblik gegooi.  Wat ʼn brutale disrespek van geliefdes.

 

Dominees en Pastore moet die waarheid lees en nie onwillig wees om mense te na te kom nie.  Dit is pynlik duidelik van ʼn getuienis van die Skrif dat die standaard vir Christene altyd was en altyd die begrafnis sal wees en dat die verbranding van die liggaam is of ʼn oortreding van die wet van God of ʼn oordeel van God oor sonde.  Dit moet nie gedoen word deur die gelowige nie en ons instruksies moet ons kry uit die voorbeelde en sienswyse van die Woord van God.

 
THE SUPREME CURSE
 
In the law of God it was decreed
That Israel's land be purged and freed
Of images, idols, statues, and groves
By burning to ash, tho' hidden in coves.
They were cremated in public view
At God's command, both old and new.
 
When Achan saw that wedge of gold
And costly garment he could neatly fold,
With shekels of silver, all shining and new,
He decided at once to carry through
A secret plan that none would know,
Thus help to make his fortunes grow.
 
He confessed his sin, but 'twas too late;
He could not re-enter mercy's gate.
He was stoned with stones until he died
For appearing as if he had never lied.
They laid him upon a new-built pyre
And reduced him to ashes in the angry fire.
 
For heathen gods and certain crimes
Was death and cremation--there were no fines.
This was God's curse and immediate sentence,
Regardless of confession of deep repentance:
Swept from the earth by a purging fire,
And reduced to ashes upon a pyre.
 
Moses then burnt their golden calf
And reduced their god to bitter chaff;
David and his men burnt Philistine gods
And spread their ash upon the clods.
Jehu, too, burnt their gods of Baal,
Not even putting them up for sale.
 
Shall we, in this enlightened age,
Refuse to obey the sacred page;
Treating our dead as if divinely cursed,
In crematory fires wholly immersed?
Dear fellow Christian, be warned in time,
Don't burn your friends in fire or lime!

J. W. Fraser