Die Groot Reformasie in Switserland. Hoofstuk 5.

Hoofstuk 5.

Die Groot Reformasie in Switserland.

Europa en die Skandinawiese Eilande

Wanneer ons die pragtige beskrywing van Wylie in 1899 lees dan sien ons ʼn geskiedskrywer wat nie net feite neerlê nie maar ook ʼn goeie waarnemings vermoë gehad het. “Daar is geen indrukwekkender vallei in Switserland as die geologiese insinking van die Rhône, wat se kollektiewe vloede, beperk is met sy glimlaggende strande, wat die Leman vorm nie. Wanneer ons na die sonsopkoms kyk aan die regterkant die majestueuse lyn van die wit Alpe; en aan die linkerkant die prentjie mooie grasryke meer is die mees indrukwekkende aanskouing, die meer. Dit is so blou soos die lug, en stil soos ʼn spieël. Nesmakend op die strande, of ʼn merk op die oorkantse strande laat, is baie mooie villas, baie prentjieagtige villas, en dorpe, en wingerde wat verdrink in die prentjieagtige dorpies. Amper verdrinkend in die groenigheid van die gras en die wingerde wat opwaarts styg na die Alpe. Maar, die natuurprag, was die sterkman van Rome. Katedrale, monistiese, beroemde kloosters was die pelgrimstogte, die sterkman van Pousery.”  

Kom ons kyk verder na ander heiliges.

Volgens D’Abigne het vrouens het ʼn belangrike rol gespeel in die monistiese styl van Christendom. In Egipte het ʼn vyfde eeu se biskop verklaar dat daar 20 000 vrouens, twee maal so veel as mans in woestyn samelewing as nonne geleef het. Volgens vierde eeu se biografieë het aristokratiese vroue hulle villas en paleise in monistiese veilige hawens omgeskep vir vroue van alle klasse. Hierdie samelewings het beroemd geword vir hulle sosiale en opvoedkundige dienste. Ons moet onthou dat nie almal was korrup nie en daar was ʼn menigte wat ware Verlossing in Jesus Christus ondervind het.

Daar was altyd ʼn John Wickliffe in Engeland en ʼn Jan Hus in Bohemia wat die kerk wou hervorm het.

Een van Wicliffe se volgelinge, Johan Hus, het Wickliffe se idees aktief gepromoveer: dat mense moet toegelaat word om die Bybel in hulle eie taal te lees, en dat hulle die tirannie van die Roomse kerk moet teëstaan wat almal wat ʼn Bybel besit, dreig met teregstelling. Hus, self was verbrand op die brandstapel in 1415 met Wicliffe se Bybels as brandstof. Hus se laaste woorde was, “in ʼn honderd jaar sal God ʼn man daarstel wie se oproep vir hervorming nie onderdruk kan word nie.” Presies een honderd jaar later, in 1517, het Martin Luther sy beroemde 95 Stellings (ʼn lys van 95 stellings van dwaalleer en misdaad van die Roomse Katoliek Kerk) teen die deur van die Kerk van Wittenberg vasgespyker. Die Profesie van Hus het waar geword!

Deur die vroeë Middeleeue, deur die donker eeue en die laat Middeleeue tot voor die Reformasie vind ons Heiliges, meeste deel van kloosters, wat in afsondering geleef het maar dissipels en teoloë was wat die geskrewe woord en dokumente bewaar het.

Die Roomse heiliges, hetsy wedergebore, en die Christen heiliges, het hier tog oorvleuel in ʼn verwarring van teologie as ware geroepe Christene. Hier kan ons nie altyd die streep trek en verdoem nie en moet eer gee waar eer toekom. Eerstens aan God wat die evangelie deurgedra en bewaar het, en ook aan die mens die erkenning eerder as die eer gee. Wanneer ons die geskiedenis lees van die middel eeue dan word dit duidelik, dat veral in die vroëere jare van die Roomse Katolieke Kerk daar tog ware Christene was, soos ons afleidings kan maak wanneer ons Augustine se Belydenis lees. Ons moet onthou, dat die Augustine van daardie tyd nooit sou aanvaar hoe korrup Rome in sy leerstellings llater geword het nie. Hy sou net so ʼn kampvegter vir die waarheid geword het as Luther. Daar kon dus nie altyd ʼn onderskeiding gemaak word en ʼn definitiewe afbakening gemaak word tussen ware wedergebore Christene, maar wat tog in die Roomse Kerk diens gedoen het, en ander Christene wat onafhanklik van die Roomse Kerk was. Daar was dwaalleer by almal betrokke. Katolieke het Christen sendelinge hulle eie gemaak en as Heiliges geëer en Hervormers het sommige Katolieke as vegters vir die evangelie beskou. Wanneer dit egter kom by Bybelse lering dan verskil die Roomse en die Gereformeerde lering soos hemel en aarde net soos Gereformeerdheid vandag verskil van Pinkster, Charismata, dispensasionaliste (Oprapers en Literaliste) wat oor die algemeen Arminiaanse lering aanhang.

Dan was daar Bernard van Clairvaux. wat volgens Calvyn ʼn getuienis vir die waarheid in die Middeleeuse Kerk tussen Gregory die Grote 604 en die 16 de eeu was. Sy werke was dan ook deur die Reformasie gepubliseer en gelees deur Katolieke sowel as Protestante. Die werke van Gregory die Grote en Bernard van Claiervaux was wyd gelees. Die monnik van die 12 de eeu, die teoloog van liefde, die “heuning-tong dokter,” was geadmireer deur allerhande Christene. Ai, as ons tog vandag sulke teoloë gehad het.

Die Antieke Reformatoriese Kerke

Dan was daar PETER DE BRUYS in 1110 gedurende die 12 de eeu in tye wat donkerheid toegeneem het namate die katolieke kerk in rasse skredes van die Apostels se lering afgewyk het. Selfs in hierdie donkerheid het daar tussen die dorings ʼn plantjie opgekom wat deurgedring het tot in die sonlig. Sy volgelinge was genoem Petrobrussiane. Hy was in so ʼn mate suksesvol dat hy verban was in Frankryk, maar in die Alpe is hy en sy lering onvang deur die platteland, veral in Toulouse.

Sy Hervormings was; dat dit bygeloof is om kerke te bou en aan God toe te dra, omrede ons kan nie God loof in tempels gemaak met hande nie, kruise van alle vorme is objekte van bygeloof en is verbrand. Die transsubstansiasie van die bloed en liggaam van Christus (Hulle het dit tereg beskou as kannibalisme) by die gebruik van nagmaal was nie meer in gebruik nie maar net as simbole, en die gebede en goeie werke van die gelowiges was geensins van nut vir die geliefdes wat dood is nie. Orchard’s History, pp. 181,182. Peter het tot vleis op Vrydae gekook en die aan sy gemeente gegee. Peter soos menigte ander was verbrand by St. Giles in Frankryk in 1130 “deur ʼn verwoede skare, aangehits en aangevoer deur die klerikale van die Katolieke kerk.”

Die goue draad van die waarheid wat reformasie bring deur millenniums, is dieselfde goue draad, onbevlek, suiwer in sy skriftuurlike suiwerheid.

Dan was daar Henry van Toulouse wat by Peter de Bruys as medearbeider aangesluit en ondersteun het. Henry het die lewe van ʼn hermiet gelei en in Lausanne die eenvoudige ware evangelie gehoor en gehoorsaam daaraan geword. Volgens Mosheim, p. 289 het Henry, deur Frankryk se stede gegaan en die mense het sy profetiese bediening met blye tyding ontvang, wanneer hy die bygelowe van die Katolieke kerk as waansin besweer het. In Telouse waar vierduisend martelare aan die brandstapel gesterf het, het die hermitiese evangeliese reus teen die korrupte praktyke sy stem dik gemaak.

Soos menigte ander wedergeborenes met hulle getuienis is Henry in 1158 deur die Pous in ʼn kelder toegesluit en daar gelaat om te sterwe. Ten midde van daardie duisternis van daardie tye was daar altyd ligdraers wat in die duisternis van die kelders van vergange tye ʼn monument opgerig het wat na bo geskyn het. Die evangelie was op die harte van die Henrisiane geskrywe wat in daardie duisternis sy adel gees vlerke gekry het en op na sy tuiste van lig gereis het.

Dan was daar ARNOLD OF BRESCIA, ʼn Italianer wat ʼn leerling was van Abelhard, wat teruggegaan het na Brescial, waar hy met krag die evangelie in die vesting van Rome vreesloos verkondig het. Hy het tot in Rome gegaan en lig daar gebring. Hy was beskuldig dat hy verkondig dat die Kerk van Christus en nie van die wêreld nie en dat die kerk ʼn geestelike byeenkoms was van gelowiges. Hy was gekruisig en verbrand vir die waarheid.

Theodore Beza het in 1570 van die Waldense gesê dat hulle oorlewering was niks anders as ʼn wonderwerk nie, hy het hulle die saad van die primitiewe en suiwerder kerk genoem. Hulle het nooit aan die Pouslike bygelowe gehou nie. In 1530 het Bullinger, as volg geskryf: “wat sal ons sê, dat vir 400 jaar en meer, het die Waldense die evangelie verkondig, en die Pous as ʼn tipe Antichris beskou.” Milton, die digter het van die Waldense gepraat as ligdraers van die Apostels se evangelie, hulle het ontken dat tiendes gegee moet word en dat dit in die primitiewe kerk ʼn gebruik was. Die kerke was gevind in armoede en nie in tiendes nie, hulle was suiwer en het gegroei sonder dit. Hulle het tiendes beskou as euwel. Nie soos vandag se Charismatiese Baptiste en Charismatiese NG kerke wat belonings belowe vir die wat tiendes gee en alles om geld gaan, groot geboue, die beste tegnologie, die beste orkes en teater aanbidding en strategieë om mense te behou en te lok nie. Hulle maak profyt op die Bloed van die Lam.

Die Reformatories Herlewing was ʼn herlewing van die Woord, Sola Scriptura. Sien Modern Reformation.

D’Abigne, J.H. 1794-1872. History of the great reformation of the sixteenth century in Germany, Switzerland, &C.

Wylie, James Aitken. 1899. The History of Protestantism V2.